Thursday, December 16, 2010

43. ✿ Aan My Dogters ✿

- You can Click on the Pictures to Enlarge Them -


Aan My Dogters




Jy hoef nie perfek te wees om in My teenwoordigheid in te kom nie. Dit is juis deur My teenwoordigheid dat jy perfek word.



Ek gee werklik vir jou om, want jy is My kosbaarste kuddetjie wat Ek liefhet. Maak jou hart wyd oop en ontvang vandag My vertroosting en vertroeteling hier teen My Hart. Ek wil alles vandag van jou af streel wat jou so ontstel, en wat kan maak dat jou hart kan verhard.



Soos wat jy My toelaat om jou aan te raak, so sal ‘n nuwe salwing vandag jou deurspoel, en alles sal van jou af gly, omdat My teenwoordigheid jou smeer met vettigheid.




My dogter, jy is vir My so beeldskoon soos die lelie van die veld. Elke keer wat My son van geregtigheid op jou skyn, vorm ‘n nuwe druppel van dou wat maak dat jy vars en rein is voor My Aangesig. En die geur van My kosbaarste lelie, styg voor My Aangesig op soos ‘n welriekende offer.




Weet dat Ek gee om, en het jou Lief met ‘n Ewige Liefde. Daarom gee Ek My duursame vrede en blydskap vandag aan jou.





Liefde Jesus.


- To Share this with a Friend -

‘right click' on the ‘link’ below and then 'copy' the ‘Link address’




No comments:

Post a Comment