Friday, December 17, 2010

45. ✿ Wanneer Gaan Dit Goed ✿

        - You can Click on the Pictures to Enlarge Them -



WANNEER GAAN DIT GOED?


Klim op Sy skoot
Lê soos ‘n kindjie in Sy arms
Fokus net op Hom alleen
Laat Hom toe om die werk te doen.

My eie krag is kragteloos
Sy krag is onbeskryflik groot
Hy omvou my met Sy Liefde
Hy vertroetel my
Hy het my lief net soos ek is
Sy groot liefde is onvoorwaardelik
Ek is baie spesiaal

Ek wil net in Sy arms rus en soos ‘n duif in Sy ore koer
Ek wil ‘n liefdeslied aan my Beminde sing!
‘n Lied wat my trou en liefde aan Hom wil bring

Ek is ver bo alle omstandighede
Ek is meer as ‘n oorwinnaar deur 

Hom 
wat my die krag gee




Ja, ek sweef soos ‘n arend, al hoër en 

hoër, 
niks maak meer saak nie

Want my hart het uitgeroep ABBA Vader, 
en my Pappa stry vir my terwyl 
ek soos ‘n kindjie by Hom skuil

Hy veg vir my die stryd.

Dankie my sielsbeminde, ek waardeer U
Ek het U lief met ‘n ewige liefde

…Daarom gaan dit goed

Omstandighede kan ons so kniehalter, dat ons dink dit sal nooit weer goed gaan met ons nie. Dit is alleenlik wanneer ons kinderlik opreg na Hom gaan, en ons oë werklik net op Hom gefokus is, dat geen omstandigheid meer saak maak nie, want Hy alleen is waardig. En Hy gee werklik vir jou om, en verstaan presies hoe jy nou voel. Ervaar hoe Hy jou uit jou omstandighede oplig, sodat jy soos ‘n Arend al hoër en hoër opstyg.


- To Share this with a Friend -


‘right click' on the ‘link’ below and then 'copy' the ‘Link address’


http://letusstalkaboutit.blogspot.com/2010/12/45-wanneer-gaan-dit-goed.html

No comments:

Post a Comment